Sunday 18 September 2011

Ekon-oom-2: The return of Ekon-oom

Ek is ʼn dosent in Ekonomie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hierdie is die eerste van hopelik vele “blogs” oor Ekonomie en ekonome.

So reg aan die begin van die projek wil ek graag wegspring deur te vertel waar dit alles begin het: dit was 10 jaar gelede in ʼn pub genaamd The Preston in Wembley. Ek het net klaargemaak by Warwick en was vol idees oor Ekonomie en die internet en F.P. het voorgestel dat ons ekon-oom.com begin. Hy sou gasheer speel en ek kon die webblad ontwerp en inhoud vervaardig. Daarna het dit verskillende vere gedra met notas vir my studente (lank voor daar ʼn Varsite of eFundi was) en inligting oor my navorsing. Dit is nou nog die eerste skakel wat jy kry as jy “Waldo Krugell” sou Google, maar om ʼn volle webblad te bedryf het tyd gevat en in 2007 het ekon-oom stil gestaan.

Die laaste paar maande is ek van vooraf geïnspireer deur sosiale media en verskillende Ekonomie blogs. Die blad www.dishoeonsrol.co.za het niks met Ekonomie te doen nie, maar nadat ek dit gesien het was ek oortuig dat ekon-oom weer kan rol. So hier kom dit nou: idees, gedagtes, indrukke, insigte, fotos, video, the life and times van ekon-oom op Potchefstroom!

No comments:

Post a Comment