Tuesday 27 September 2011

Die toekoms van onderrig en assessering is op jou selfoon

As mens eers ʼn blog het sien jy skielik oral berigte oor hoekom ʼn Prof moet tweet en blog. Daar is dalk ʼn mate van self-selection ter sprake, maar oral waar ek kyk is daar nuus oor die gebruik van tegnologie in onderrig. The Economist het ʼn lekker berig gehad oor die internet in die klaskamer en mens kan sommer direk na Salman Khan se TED lesing luister.

Op die NWU-Pukke kampus is ek self betrokke by ʼn loodsprojek waaroor ek baie opgewonde is: in-klas, intydse elektroniese terugvoer. Die ou grappie is dat op skool draai die Juffrou by die bord om, om seker te maak dat almal by is. In derdejaars ekonometrie hoop die Prof dat iemand by is! Maar die dae wat ek ʼn vraag uitgooi vir die gehoor is nou getel. Met die nuwe Quiz stelsel kan mens vooraf ʼn klomp vrae op die stelsel laai en studente kan hulle selfone se web browsing funksie gebruik om daar in die klas vrae te antwoord en terugvoer te kry. 


Die opsies is natuurlik uiteenlopend. Mens hoef nie net meervoudige keusevrae te vra nie.



Om seker te maak dat die uitkomste is bemeester word makliker. Die resultate is op die internet beskikbaar vir die dosent so as jy jou iPad of Galaxy tablet byderhand het kan jy vinnig sien waar die studente vashaak.



Daar is natuurlik nog groeipyne: almal se fone werk nie ewe lekker nie en 3G en wi-fi sein wissel oor kampus, maar ons is besig met die proof of concept. Die toekoms van onderrig en assessering is op jou selfoon.

Thursday 22 September 2011

Analysis needed


This week we had some interesting meetings about economic policy with provincial government and a local investment promotion agency. We all agreed that growth and job creation happens in specific places and there is a need to consider the provincial or local implications of, for example, the IPAP2. What is amazing is how little we all know about which firms are producing WHAT, HOW and WHERE. Data on sub-national economic activity is limited to official annual estimates at provincial level or the databases build by private sector consultants. Almost no-one has any reliable firm-level information. Yet policymakers want suggestions for programmes that they can implement.

This brings me to the point that Johan Fourie raised on his blog today: the typical textbook/ foreign-expert recommendations for such programmes would be to build infrastructure, encourage on-the-job training or ensure a business-friendly environment for firms to grow. Ideas like wage subsidies and arguments for a weaker Rand exchange rate and import substitution strategies are also out there. However, to develop sensible interventions will require more work by academic researchers and an opportunity to make themselves heard.

As in the case of education research, there are a number of people who are doing excellent work. At firm-level Neil Rankin and his AMERU team at Wits are busy with a Youth Unemployment Intervention Evaluation project. Volker Schoër has examined the importance of social networks in finding employment, but considering the scope of the challenges, they need co-workers, collaborators, support. We don’t really know what the barriers that prevent firms to export are, how important links with the suppliers of intermediate goods are, how thick local labour markets are, or how firms are innovating.

Consider this something of a call for more research at the micro-level. We are making plans in the School of Economics, but if you want to join my project mayhem, give me a shout.

Sunday 18 September 2011

A must-read paper on nationalisation of South African mines

At the recent conference of the Economic Society of South Africa, Prof Stan du Plessis delivered an excellent presidential address on the topic: Nationalising South African mines: Back to a prosperous future, or down a rabbit hole? If you are interested in South African policy debates, read this paper!

Is it insanity or just ambition?

Oor die algemeen is mense half verbaas as ek met groot entoesiasme vertel dat ek ʼn blog begin het en hulle moet gaan lees. Hulle wonder hoekom ek dink ek is so bekend, of waaroor ek dan nou iets te sê kan hê. Dus wil ek graag die doel, aard en synswyse van die blog toelig.

Gelukkig is Ekonomie blogs die laaste tyd in die nuus na ʼn Wêreldbank Policy Research Working Paper: “The impact of Economics blogs” deur McKenzie en Olzer (2011) en ek gebruik graag die bron. Hulle ondersoek ʼn paar vraagstukke, maar spring weg deur vir McKenna en Pole (2008:102) aan te haal wat sê “... informing is the core business of blogging”. En ek dink dit stem ooreen met wat ek ingedagte het. Vir ʼn akademikus wat dink dat hy interessante goed op die hart het, is ʼn blog die antwoord.

Die teiken-gehoor is eerstens studente en die inhoud daardie interessanthede wat ek in die klas sou vertel, maar wat nie altyd pas by die spesifieke les oor onvolmaakte mededinging of die hoofstuk oor multikollineariteit nie. ʼn Voorbeeld is Lucille Botha van Landbou Weekblad (@loesilbotha op Twitter) se padstal-video. Dit gaan oor ʼn padstal sonder permanente personeel waar jy kan stop, verversings neem en betaal wat jy wil. Die Undercover Economist, Tim Harford, het al geskryf oor sg. “honour payment systems” en Radio Head het dit gebruik met hulle In Rainbows album, maar waar kry mens so lekker Afrikaanse voorbeeld en wanneer pas ek dit in ʼn klas in? Dus blog ek graag daaroor.

ʼn Blog kan ook ʼn manier wees om idees en navorsing vinnig te versprei in ʼn toeganklike formaat en om dadelik terugvoer te kry. McKenzie en Olzer (2011) noem dit ʼn manier om idees te bemark en jou handelsmerk te bestuur. En hulle bevind dat dit werk: daar is ʼn groter kans dat akademiese artikels wat in blogs genoem word afgelaai (en dalk gelees) word en ʼn blog kan jou en die resultate van jou werk bekend maak.
 
So ambisieus wil ek egter nie wees nie. Ek sal verseker so af en toe iets oor my eie navorsing skryf, maar wil eerder ander se navorsing saamvat of verteerbaar maak vir almal. Op daardie punt, sien my volgende post vir ʼn #FF op ʼn Sondag.

Ekon-oom-2: The return of Ekon-oom

Ek is ʼn dosent in Ekonomie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hierdie is die eerste van hopelik vele “blogs” oor Ekonomie en ekonome.

So reg aan die begin van die projek wil ek graag wegspring deur te vertel waar dit alles begin het: dit was 10 jaar gelede in ʼn pub genaamd The Preston in Wembley. Ek het net klaargemaak by Warwick en was vol idees oor Ekonomie en die internet en F.P. het voorgestel dat ons ekon-oom.com begin. Hy sou gasheer speel en ek kon die webblad ontwerp en inhoud vervaardig. Daarna het dit verskillende vere gedra met notas vir my studente (lank voor daar ʼn Varsite of eFundi was) en inligting oor my navorsing. Dit is nou nog die eerste skakel wat jy kry as jy “Waldo Krugell” sou Google, maar om ʼn volle webblad te bedryf het tyd gevat en in 2007 het ekon-oom stil gestaan.

Die laaste paar maande is ek van vooraf geïnspireer deur sosiale media en verskillende Ekonomie blogs. Die blad www.dishoeonsrol.co.za het niks met Ekonomie te doen nie, maar nadat ek dit gesien het was ek oortuig dat ekon-oom weer kan rol. So hier kom dit nou: idees, gedagtes, indrukke, insigte, fotos, video, the life and times van ekon-oom op Potchefstroom!