Sunday, 18 September 2011

A must-read paper on nationalisation of South African mines

At the recent conference of the Economic Society of South Africa, Prof Stan du Plessis delivered an excellent presidential address on the topic: Nationalising South African mines: Back to a prosperous future, or down a rabbit hole? If you are interested in South African policy debates, read this paper!

Is it insanity or just ambition?

Oor die algemeen is mense half verbaas as ek met groot entoesiasme vertel dat ek ʼn blog begin het en hulle moet gaan lees. Hulle wonder hoekom ek dink ek is so bekend, of waaroor ek dan nou iets te sê kan hê. Dus wil ek graag die doel, aard en synswyse van die blog toelig.

Gelukkig is Ekonomie blogs die laaste tyd in die nuus na ʼn Wêreldbank Policy Research Working Paper: “The impact of Economics blogs” deur McKenzie en Olzer (2011) en ek gebruik graag die bron. Hulle ondersoek ʼn paar vraagstukke, maar spring weg deur vir McKenna en Pole (2008:102) aan te haal wat sê “... informing is the core business of blogging”. En ek dink dit stem ooreen met wat ek ingedagte het. Vir ʼn akademikus wat dink dat hy interessante goed op die hart het, is ʼn blog die antwoord.

Die teiken-gehoor is eerstens studente en die inhoud daardie interessanthede wat ek in die klas sou vertel, maar wat nie altyd pas by die spesifieke les oor onvolmaakte mededinging of die hoofstuk oor multikollineariteit nie. ʼn Voorbeeld is Lucille Botha van Landbou Weekblad (@loesilbotha op Twitter) se padstal-video. Dit gaan oor ʼn padstal sonder permanente personeel waar jy kan stop, verversings neem en betaal wat jy wil. Die Undercover Economist, Tim Harford, het al geskryf oor sg. “honour payment systems” en Radio Head het dit gebruik met hulle In Rainbows album, maar waar kry mens so lekker Afrikaanse voorbeeld en wanneer pas ek dit in ʼn klas in? Dus blog ek graag daaroor.

ʼn Blog kan ook ʼn manier wees om idees en navorsing vinnig te versprei in ʼn toeganklike formaat en om dadelik terugvoer te kry. McKenzie en Olzer (2011) noem dit ʼn manier om idees te bemark en jou handelsmerk te bestuur. En hulle bevind dat dit werk: daar is ʼn groter kans dat akademiese artikels wat in blogs genoem word afgelaai (en dalk gelees) word en ʼn blog kan jou en die resultate van jou werk bekend maak.
 
So ambisieus wil ek egter nie wees nie. Ek sal verseker so af en toe iets oor my eie navorsing skryf, maar wil eerder ander se navorsing saamvat of verteerbaar maak vir almal. Op daardie punt, sien my volgende post vir ʼn #FF op ʼn Sondag.

Ekon-oom-2: The return of Ekon-oom

Ek is ʼn dosent in Ekonomie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hierdie is die eerste van hopelik vele “blogs” oor Ekonomie en ekonome.

So reg aan die begin van die projek wil ek graag wegspring deur te vertel waar dit alles begin het: dit was 10 jaar gelede in ʼn pub genaamd The Preston in Wembley. Ek het net klaargemaak by Warwick en was vol idees oor Ekonomie en die internet en F.P. het voorgestel dat ons ekon-oom.com begin. Hy sou gasheer speel en ek kon die webblad ontwerp en inhoud vervaardig. Daarna het dit verskillende vere gedra met notas vir my studente (lank voor daar ʼn Varsite of eFundi was) en inligting oor my navorsing. Dit is nou nog die eerste skakel wat jy kry as jy “Waldo Krugell” sou Google, maar om ʼn volle webblad te bedryf het tyd gevat en in 2007 het ekon-oom stil gestaan.

Die laaste paar maande is ek van vooraf geïnspireer deur sosiale media en verskillende Ekonomie blogs. Die blad www.dishoeonsrol.co.za het niks met Ekonomie te doen nie, maar nadat ek dit gesien het was ek oortuig dat ekon-oom weer kan rol. So hier kom dit nou: idees, gedagtes, indrukke, insigte, fotos, video, the life and times van ekon-oom op Potchefstroom!